Wat is Wolkskool?
Ons is nie beskikbaar as ʼn tuisonderrig instansie nie. Ons bied ongelukkig nog nie alle vakke wat ʼn leerder sal benodig om ʼn volle skooljaar te voltooi nie. Ons gee ook nie die geleentheid om toetse of eksamens af te lê nie. Wolkskool ondersteun slegs skole en tuisonderrig-leerders moet dus steeds by ʼn opvoedingsinstansie geregistreer wees.
Wat bied Wolkskool?
Wat kos Wolkskool?
Hoe registreer ek/ sluit aan?
1. Sluit hier aan: https://wolkskool.co.za/sluit-aan
2. Kies leerder of onderwyser.
3. Verskaf jou naam, van, e-posadres en wagwoord.
4. Met die skep van die rekening stem ek in tot die Bepalings en Voorwaardes.
5. Vul al die besonderhede korrek in by die skerms wat volg.
6. Kies jou graad (jy kan dit later verander).
Indien jy reeds ingeteken is en nog 'n registrasie wil doen, sorg eers dat jy uitteken uit die bestaande profiel. Volg daarna die stappe hierbo.
Hoe registreer ek meer as een kind?
· Jy kan van e-pos-aliasse gebruik maak om hierdie beperking te omseil. Ook as jou kind jonger as 13 is, mag hy/sy volgens wet nie 'n e-posadres hê nie.
Hoe werk 'n e-pos-alias? Gmail het die voordeel van e-pos-aliasse. As jy nie een het nie, skep vir jou ’n Gmail adres. As jy dan een het, kan jy aliasse gebruik om jou kinders te registreer en te laat inteken. Gestel jou e-posadres is kiewiet@gmail.com en jou kind se naam is Kuiken, dan kan jy jou e-posadres so manipuleer dat dit anders lyk, maar steeds geldig is, bv.
E-posadres: kiewiet@gmail.com
E-pos-alias: kiewiet+kuiken@gmail.com
Alles na die"+" en voor die "@" word deur die stelsels geïgnoreer en sal in jou inboks beland. Dit gaan dus oor hóé jy die e-posadres intik. Niks word aan Gmail se kant gedoen om dit te laat werk nie.Hier is 'n skakel na hoe mens dit ook kan regkry by ander e-posverskaffers: https://help.wodify.com/hc/en-us/articles/234441508-How-Do-I-Create-an-Email-Alias-
Is daar 'n Engelse aanbod van Wolkskool?
1. https://egdlearning.co.za/egd-digital-learning/
2. https://e-academyonline.co.za/
3. https://pocketacademy.co.za/
4. https://mathsbuddy.co.za/
5. https://m.siyavula.com/
6. https://www.mytopdog.co.za/
7. Thuma Mina Teaching
Wolkskool het reeds begin met EngelsEerste Addisionele Taal om aan die behoefte van Afrikaanse leerders te voldoen.
Kan ons deur Wolkskool tuisskool/ Is Wolkskool ‘n aanlynskool?
Wolkskool is NIE 'N AANLYN SKOOL,TUISSKOOLINSTANSIE OF 'N OORBRUGGINGSKURSUS NIE. Wolkskool is slegsondersteunend en dien as hulpbron vir onderwysers en leerders. Daar word gereelde vorderingsverslae verskaf, maar Wolkskool gee nie geleentheid om formele eksamens af te lê nie en geen rapporte of sertifikate word uitgereik nie.
Tot en met Graad 9 moet kinders volgens wet by 'n opvoedingsinstansie geregistreer wees of bewys kan lewer dat hulle onderrig ontvang. Vir tuisonderrig moet ʼn ouer by ‘n tuisskoolinstansie of-diensverskaffer registreer. Tuisskoolinstansies wat Wolkskool kan aanbeveel:
· Impaq by https://impaq.co.za/
· Brainline by https://www.brainline.com/
· AfstandleerPlus by https://afstandsleer.co.za/
· Nukleus by https://nukleus.co.za/ .
Hierdie bron m.b.t. tuisskoolonderrig magnuttig wees: https://www.sahomeschoolers.org/curriculums/afrikaans.html. Tuisonderrig het heelwat uitdagings, daarom beveel ons by die SOS dit nie as n reël aan nie.
Hoe kanselleer ek / verwyder ek my profiel?
Verwyder asseblief jou kaart van die profiel om betaling te stop en jou profiel onaktief te maak.
Teken in > Druk op "Lidmaatskap en Betalings" > Scroll tot onder op die blad en druk op "Kanselleer subskripsie".
Jy kan ook so jou kaart verwyder.
Om die profiel te verwyder kan julle klik op "Verander" > Scroll tot onder op die blad en druk op "Verwyder profiel."