Vertrou deur die beste vanaf 2018

Droom groot. Leer slim.

boy and girl at laptop distance education
kids using laptop on floor
children resting and watching laptop screen
three classmates sitting in front of a laptop smiling
young female and male student solving a math puzzle
A young female student being assisted by a female adult on a school related task
A young female student working on a laptop

Ons is op ʼn missie om onderrig te hervorm

Wolkskool is ʼn inisiatief van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat deel is van die Solidariteit Beweging. Hierdie niewinsgewende organisasie streef daarna om gehalte-onderrig in Afrikaans te bevorder. Wolkskool is ʼn wêreldgehalte aanlyn leerderbestuurstelsel wat ontwerp is om aan die moderne onderwysbehoeftes van die 21ste eeu te voldoen. Dit bied uitgebreide inhoud wat aansluit by die amptelike KABV-kurrikulum van Suid-Afrika en is gerig op vervlegte leer.

Ons platform bied videolesse, aanlyn assesserings, werkkaarte, aflaaibare werkboeke, flitskaarte, oefenvraestelle en meer. Hierdie hulpmiddels stel leerders in staat om in hul eie tyd en teen hul eie pas deur die materiaal te werk, wat selfgerigte leer bevorder. Die inhoud is spesifiek ontwikkel deur ervare SOS-onderwysers, wat verseker dat die gehalte van onderrig hoog bly. Wolkskool se lesse dek vakke vanaf graad 1 tot graad 12 en word voortdurend aangevul om meer vakke en grade te ondersteun. Hierdie inisiatief is ook 'n uitstekende hulpmiddel vir skole en onderwysers wat streef na die verbetering van leeruitkomste deur moderne en toeganklike onderrigmetodes.

35k+
Studente
16k+
Lesse
18+
Vakke
12
Grade

"Ontsluit jou kind se volle
potensiaal met Wolkskool –
ons toonaangewende leerplatform verseker dat elke leerder teen sy eie pas kan leer en floreer. Gee jou kind
die voorsprong wat hulle verdien."

Valentyn vd Merwe
Valentyn Van Der Merwe
Hoof van Innovasie

Wie maak Wolkskool lekker?

Passievolle individue wat die Wolkskoolmissie aangeneem het as hule eie.
Onderwysspesialis

Lamprecht Lötter

Onderwysspesialis

Hildegard Brummer

Hoof van Innovasie

Valentyn van der Merwe

Onderwysspesialis

Hendrik de Kock

Admin-Beampte en Bemarking

Minét van Wyk

Stelselontwikkeling

Annelle Robinson