Welkom by

Wolkskool

Droom groot
Leer slim

trotse produk van
Wolkskool Studente
Wolkskool Studente
Wolkskool Studente
A young female student in a school uniform
A young female student in a school uniform
Young female and male student in a school uniform giving a high five and a thumbs up
wat is wolkskool?
Wolkskool is ʼn wêreldklas aanlyn leerplatform met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in 8 laerskool- en 16 hoërskoolvakke – in Afrikaans
vir leerders

Topgehalte onderrig vir leerders

• KABV (CAPS)-belynde inhoud
• Lesse deur meesteronderwysers
• Gebruik dit as ekstra klas
• Toegang tot alle grade
• Leer teen jou eie pas
• Ouers bly deurlopend op hoogte
• Onmiddellike terugvoer op assesserings

Meer oor ons platform
Meer oor ons platform
vir skole

Koop die tyd uit in jou klas

• Verbeter klaskamerbestuur
• Hulpbronne slegs vir onderwysers
• Vereenvoudig assesserings met Vraagbank
• Wees aan die voorpunt van tegnologiegebruik

Meer oor ons platform
Meer oor ons platform
Vir studente
left arrow
right arrow
Vir skole
Skole met wie ons
hande vat
Hoërskool Bellville logoschool emblemschool emblemschool emblemschool emblemschool emblemorania CVO emblemschool emblemschool emblem
Hoërskool Bellville logoschool emblemschool emblemschool emblemschool emblemschool emblemorania CVO emblemschool emblemschool emblem
Hoërskool Bellville logoschool emblemschool emblemschool emblemschool emblemschool emblemorania CVO emblemschool emblemschool emblem

Ontdek ʼn nuwe manier van leer

Wolkskool is ʼn wêreldklas leerplatform wat leerhulpmiddels bied vir graad 1 tot 12 leerders.


• Videolesse

• Werkkaarte met memorandums

• Assesserings

• Flitskaarte
• Nog vele meer!

Al ons materiaal is KABV-belyn.

Kostes
Kostes
female teacher smiling and showing thumbs up

Voordele van leer met Wolkskool

checkmark icon

Leer in jou taal

Hoëgehalte onderrig in Afrikaans

checkmark icon

Leer by die beste

Inhoud is opgestel deur meesteronderwysers

checkmark icon

Alles op een plek

Kry toegang tot videolesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assesserings

checkmark icon

Leshersiening

Hersien enige les, enige tyd op ons platform. Hersien lesse op die platform met die “op”-aanvraag-opsie  

checkmark icon

Toets jouself

Leer jou definisies met ons interaktiewe FlitsGids

two young students writing in a book

Wie maak Wolkskool lekker?

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum, met ʼn breë voetspoor in die Afrikaanse skolemark.

Meer oor ons
Meer oor ons

Voel die liefde vir Wolkskool

Ons ouers vertel hoekom Wolkskool hul keuse vir leer ondersteuning is.

“My dogtertjie is mal oor die videos en doen elke dag ‘n werkkaart of drie vir ekstra oefening en hersiening. Ons kan beslis ‘n positiewe verskil in haar punte sien! Die vir ‘n wonderlike platform en vir wonderlike onderwysers.”

Kaylee

“Absolutely every single thing. Videos explain everything so perfectly good and worksheets is great"

Nanna Christelle M

“Die beste ding ooit. Ons leer lekker met die Wolkskool.”

Bianca G

"Baie dankie vir ‘n ongelooflike produk/hulpmiddel – J. het ADHD en met harde werk en hulp van Wolkskool kry sy bo 75% gemiddeld."

Suzaan B

"Sal Wolkskool verseker aanbeveel. My baie gehelp, en help nogsteeds Baie. Dankie wolkskool."

Elain T

“Ons woon tans in die buiteland, en ek tuisskool ons twee laerskool kinders in Afrikaans op 'n Suid-Afrika kurrikulum. Mag ek net asb. noem hoe 'n GROOT, GROOT hulpbron Wolkskool vir ons is. Dit is volledig, die verduidelikings is fantasties en die lesnotas/ werkboeke 'n groot hulp. Ek is SO trots op ons nasie as ek na die kwaliteit van die inhoud op Wolkskool kyk. Ek is julle ewig dankbaar!”

Nicolene van der L

"Ons geniet Wolkskool so baie en dit maak die leer proses makliker vir my Graad 5 seun."

Lisinda J.

“My dogtertjie is mal oor die videos en doen elke dag ‘n werkkaart of drie vir ekstra oefening en hersiening. Ons kan beslis ‘n positiewe verskil in haar punte sien! Die vir ‘n wonderlike platform en vir wonderlike onderwysers.”

Kaylee

“Absolutely every single thing. Videos explain everything so perfectly good and worksheets is great"

Nanna Christelle M

“Die beste ding ooit. Ons leer lekker met die Wolkskool.”

Bianca G

"Baie dankie vir ‘n ongelooflike produk/hulpmiddel – J. het ADHD en met harde werk en hulp van Wolkskool kry sy bo 75% gemiddeld."

Suzaan B

"Sal Wolkskool verseker aanbeveel. My baie gehelp, en help nogsteeds Baie. Dankie wolkskool."

Elain T

“Ons woon tans in die buiteland, en ek tuisskool ons twee laerskool kinders in Afrikaans op 'n Suid-Afrika kurrikulum. Mag ek net asb. noem hoe 'n GROOT, GROOT hulpbron Wolkskool vir ons is. Dit is volledig, die verduidelikings is fantasties en die lesnotas/ werkboeke 'n groot hulp. Ek is SO trots op ons nasie as ek na die kwaliteit van die inhoud op Wolkskool kyk. Ek is julle ewig dankbaar!”

Nicolene van der L

"Ons geniet Wolkskool so baie en dit maak die leer proses makliker vir my Graad 5 seun."

Lisinda J.
resensies
gereelde vrae

Jy het vrae, ons het antwoorde

Ons span staan reg om enige vrae te beantwoord.

Wat is Wolkskool?

Wolkskool is ʼn inisiatief van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die SOS staan vir die bevordering van gehalte-onderrig in Afrikaans. Wolkskool is ʼn wêreldgehalte aanlyn leerderbestuurstelsel met inhoud wat aansluit by nuwe, moderne wêreldgehalte onderwysinisiatiewe wat leerders toerus vir die 21ste eeu. Wolkskool se fokus is tans gemik op vervlegte leer en kan as aanvullend tot die kurrikulum in skole gebruik word.

Ons is nie beskikbaar as ʼn tuisonderrig instansie nie. Ons bied ongelukkig nog nie alle vakke wat ʼn leerder sal benodig om ʼn volle skooljaar te voltooi nie. Ons gee ook nie die geleentheid om toetse of eksamens af te lê nie. Wolkskool ondersteun slegs skole en tuisonderrig-leerders moet dus steeds by ʼn opvoedingsinstansie geregistreer wees.

Wat bied Wolkskool?

Wolkskool bied lesse in videoformaat, aanlyn assesserings, werkkaarte en aflaaibare werkboeke wat leerders in hul eie tyd, vanaf enige plek en teen hul eie pas aanvullend tot skoolonderrig kan deurwerk. Wolkskoollesse word opgestel deur die ervare SOS-onderwysers (oftewel Wolkskooldosente) en volg die amptelike KABV-kurrikulum van Suid-Afrika. Wolkskoolinhoud word stelselmatig meer en beter namate materiaal vir vakke en grade aangevul word. Die Inhoud is beskikbaar vir graad 1 tot 12.

Wat kos Wolkskool?

R 148.00 per maand per leerder (maand-tot-maand).

Hoe registreer ek/ sluit aan?

Indien jy nog nooit Wolkskool gebruik het nie, volg hierdie stappe:
1.    Sluit hier aan: https://wolkskool.co.za/sluit-aan
2.    Kies leerder of onderwyser.
3.    Verskaf jou naam, van, e-posadres en wagwoord.
4.    Met die skep van die rekening stem ek in tot die Bepalings en Voorwaardes.
5.    Vul al die besonderhede korrek in by die skerms wat volg.
6.    Kies jou graad (jy kan dit later verander).

Indien jy reeds ingeteken is en nog 'n registrasie wil doen, sorg eers dat jy uitteken uit die bestaande profiel. Volg daarna die stappe hierbo.

Hoe registreer ek meer as een kind?

·        Elke leerder wat registreer, moet 'n unieke e-posadres of e-pos-alias hê.
·        Jy kan van e-pos-aliasse gebruik maak om hierdie beperking te omseil. Ook as jou kind jonger as 13 is, mag hy/sy volgens wet nie 'n e-posadres hê nie.

Hoe werk 'n e-pos-alias? Gmail het die voordeel van e-pos-aliasse. As jy nie een het nie, skep vir jou ’n Gmail adres. As jy dan een het, kan jy aliasse gebruik om jou kinders te registreer en te laat inteken. Gestel jou e-posadres is kiewiet@gmail.com en jou kind se naam is Kuiken, dan kan jy jou e-posadres so manipuleer dat dit anders lyk, maar steeds geldig is, bv.
E-posadres: kiewiet@gmail.com
E-pos-alias: kiewiet+kuiken@gmail.com
Alles na die"+" en voor die "@" word deur die stelsels geïgnoreer en sal in jou inboks beland. Dit gaan dus oor hóé jy die e-posadres intik. Niks word aan Gmail se kant gedoen om dit te laat werk nie.Hier is 'n skakel na hoe mens dit ook kan regkry by ander e-posverskaffers: https://help.wodify.com/hc/en-us/articles/234441508-How-Do-I-Create-an-Email-Alias-

Is daar 'n Engelse aanbod van Wolkskool?

Hier by die Skoleondersteuningsentrum gloons sterk aan die waarde van moedertaalonderrig. Daar is internasionaal enplaaslik verskeie aanlyn opsies in Engels beskikbaar. Wolkskool fokus daarop omook gehalte, aanlyn onderrig in Afrikaans aan te bied.Indien jou skool parallelmedium is ensoortgelyke ondersteuning aan jul Engelse leerders wil voorsien, is daar ’npaar goeie opsies beskikbaar:
1.    https://egdlearning.co.za/egd-digital-learning/
2.   https://e-academyonline.co.za/
3.    https://pocketacademy.co.za/
4.    https://mathsbuddy.co.za/
5.    https://m.siyavula.com/
6.    https://www.mytopdog.co.za/
7.    Thuma Mina Teaching
Wolkskool het reeds begin met EngelsEerste Addisionele Taal om aan die behoefte van Afrikaanse leerders te voldoen.

Kan ons deur Wolkskool tuisskool/ Is Wolkskool ‘n aanlynskool?

Wolkskool is n uitstekende leerbestuurstelsel en met volledige, CAPS- belynde kurrikulum inhoud (werkkaarte, videos en assesserings). Onderwysers kan Wolkskool handig gebruik vir voorbereiding, inoefening en kennisoordrag. Individuele leerders kan Wolkskool vir aanvulling,hersiening of remediërend gebruik terwyl hulle in ‘n skool is. 
Wolkskool is NIE 'N AANLYN SKOOL,TUISSKOOLINSTANSIE OF 'N OORBRUGGINGSKURSUS NIE. Wolkskool is slegsondersteunend en dien as hulpbron vir onderwysers en leerders. Daar word gereelde vorderingsverslae verskaf, maar Wolkskool gee nie geleentheid om formele eksamens af te lê nie en geen rapporte of sertifikate word uitgereik nie. 
Tot en met Graad 9 moet kinders volgens wet by 'n opvoedingsinstansie geregistreer wees of bewys kan lewer dat hulle onderrig ontvang. Vir tuisonderrig moet ʼn ouer by ‘n tuisskoolinstansie of-diensverskaffer registreer. Tuisskoolinstansies wat Wolkskool kan aanbeveel:
·        Impaq by https://impaq.co.za/
·        Brainline by https://www.brainline.com/
·        AfstandleerPlus by https://afstandsleer.co.za/ 
·        Nukleus by https://nukleus.co.za/ . 
Hierdie bron m.b.t. tuisskoolonderrig magnuttig wees: https://www.sahomeschoolers.org/curriculums/afrikaans.html. Tuisonderrig het heelwat uitdagings, daarom beveel ons by die SOS dit nie as n reël aan nie.

Hoe kanselleer ek / verwyder ek my profiel?

Gebruikers is self verantwoordelik om betaling te stop en hulle profiel te verwyder.
Verwyder asseblief jou kaart van die profiel om betaling te stop en jou profiel onaktief te maak.
Teken in > Druk op "Lidmaatskap en Betalings" > Scroll tot onder op die blad en druk op "Kanselleer subskripsie".
Jy kan ook so jou kaart verwyder.
Om die profiel te verwyder kan julle klik op "Verander" > Scroll tot onder op die blad en druk op "Verwyder profiel."
No items found.